Bekostigbare Graaff-Reinet Verblyf vir ‘n Lekker Lang Kuier in die Karoo
Min goed in die lewe is so bevredigend soos ‘n besoek aan die oudste dorp in die Oos-Kaap en die vyfde oudste dorp in Suid-Afrika. Graaff-Reinet het oor die 200 historiese geboue wat as Nasionale Monumente verklaar is. Met soveel geskiedenis in een dorp waarvan ‘n hele straat ten volle gerestoreer is benodig jy ten minste twee tot drie dae net om al die historiese besienswaardighede te besoek. Daarom dan ook sal jy bekostigbare Graaff-Reinet verblyf wil bespreek en KarooRus is jou antwoord.
Alhoewel ons bekostigbare Graaff-Reinet verblyf verskaf is ons verblyf luuks en uiters gemaklik. Die eenhede is ten volle toegerus met mikrogolfoonde, tweeplaat stowe, koffie en tee fasiliteite, hulle eie badkamers en beheerbare lugverkoeling. Elke eenheid het ook sy eie braai fasiliteit en dus sal jy geen gebrek aan die normale luukshede hê nie. Ons verskaf skoon en stylvolle beddegoed en handdoeke vir die enkel en dubbelbed geriewe in die eenhede. Elke eenheid is ook toegerus met ‘n televisie en ‘n keur van DSTv kanale. Gemak, luuksheid en privaatheid beskryf die selfsorg verblyf by KarooRus.
Natuurlik het ons ook ‘n sentrale ligging en beskik ons gaste-verblyf oor uiters goeie sekuriteit. Dit alles word teen bekostigbare tariewe beskikbaar gestel sodat jy langer in Graaff-Reinet kan vertoef en meer plekke kan besoek waarvan enkeles hieronder bekendgestel word.
Anglo-Boere Gedenkteken
Die monument is opgedra aan die Boere soldate in herinnering aan die Boere wat hulle lewe opgeoffer het in hulle stryd om vryheid en geregtigheid en is op die hoek van Somerset and Donkin strate geleë. Die ontwerp van die monument wat in Italië vervaardig was is op fotos van Boere soldate gebasseer.
Krugersdorp Monument
Die monument is ‘n kleiner weergawe van die Paardekraal Monument en is te siene aan die onderkant van Kerkstraat. Dit is deur die Dorpsraad van Krugersdorp aan Graaff-Reinet in 1986 ter ere van Andries Pretorius, die Voortrekkerleier wat oorspronklik van Graaff-Reinet afkomstig was, geskenk.
Ou Biblioteek Museum
Die eerste biblioteek in Graaff-Reinet was eers teen 1847 gebou. Gebrek aan fondse het die aanvanklike groei van die biblioteek ernstig geknou maar dit het later die kultuurhart van die dorp geword. Teen 1878 was die oorspronklike gebou nie meer groot genoeg nie en ‘n suidelike vleuel moes bygevoeg word. Die biblioteek was so gewild dat ‘n noordelike vleuel in 1926 bygevoeg is. Die gebou was die dorpsbiblioteek huisvesting tot 1981 toe ‘n moderne biblioteek in Parsonage Straat opgerig is. Die ou gebou is aan die Graaff-Reinet Museum geskenk en is in 1987 as Nasionale Monument verklaar. Dit word tans vir die huisvesting van spesiale versamelings gebruik. Dit beskik ook nou oor konferensie fasiliteite en uitstallingspasie om die kleurvolle geskiedenis van die Swart en Kleurling gemeenskappe van Graaff-Reinet uit te beeld.
Staan ten minste ‘n uur of twee af vir jou besoek aan die museum wat uitstallings van slawerny, rots en handgemaakte goedere en Karoo fossiele asook ‘n uitstalling van Robert Mangaliso Sobukwe bevat.
Jy kan egter eers die ware karakter van hierdie enig-in-sy-soort Karoo dorpie ten volle beleef as jy ‘n paar dae hier gekuier het. Ons praat Graaffafrikaans, ‘n mengelmoes van Afrikaans en Engels soos jy nog nooit gehoor het nie en dan is daar ook nog die withond-stook geskiedenis om te leer. Kom loer in en vertoef lank genoeg om dit regtig te geniet. Bespreek bekostigbare Graaff-Reinet verblyf by KarooRus.