’n Dorp Om Te Sien

In die middel van die Karoo, aan die voet van die Sneeuberge en Spandauskop, is die klein dorpie van Graaff-Reinet. In ’n perdeskoenkronkel van Sondagsrivier en omring deur die Kamdeboo Nasionale Park, is hierdie dorp inderdaad die juweel van die Karoo. Die dorpie is Suid-Afrika se vierde oudste dorp en het ’n ryk kulturele erfenis. Die pragtige natuurskoon, baie geskiedkundige landmerke en en topgehalte restaurante maak dit ’n moet vir elke reisiger wat deur die Karoo reis en bied ’n lekker ruskans van die lang pad. Dis die ideale plek om oornagverblyf te bespreek.

Lekker Dinge Om Te Doen

Met die Kamdeboo Nasionale Park op die dorp se drumpel, het ’n mens veel meer as een dag nodig om die dorp ten volle te ontdek. Wildritte en 4×4-roetes is baie gewild. Die asembenemende Vallei van Verlatenheid bied heerlike staproetes in die natuurskoon. Die Nqwebadam is ’n gunsteling onder roeiers en hengelaars. ’n Uur en ’n half se ry van Graaff-Reinet af is die Mountain Zebra Nasionale Park by Cradock.

In die middel van die dorp is die welbekende NG Groot Kerk met sy pragtige argitektuur ’n baie gewilde toeristeaantreklikheid. Museums soos die Hester Rupert Kunsmuseum, die Reinethuis, en die Graaff-Reinet-museum lok elke jaar duisende besoekers. Graaff-Reinet het ’n ryk geskiedenis met monumente en standbeelde wat die stories van vervloë jare vertel. Nieu-Bethesda, een van die buurdorpe, is ideaal vir ’n lekker daguitstappie waar plekke soos die Uilhuis, die Wellwood Fossielmuseum, restourante en ’n brouery besoek kan word.

Graaff-Reinet word ook hoog aangeskryf vir sy uitstekende restaurante en lekker koffiewinkels. Plekke soos die Polka-kafee, Pioneers en die Mullerhuis bied voortreflike kos, ’n hartlike Karoo-atmosfeer en billike pryse. Elkeen van hulle is sonderling op sy eie manier en bied die gas ’n unieke uiteetervaring.

Die inwoners van Graaff-Reinet is hoflik en baie vriendelik en verwelkom besoekers met ’n gemoedelike plattelandse gasvryheid. Elke jaar aan die einde van September, met die Karoo-lus kunstefees, stroom besoekers van reg or die land die dorp binne. Met ’n maraton, fietsry- hengel- rolbal en muurbalkompetisie gons die dorp behoorlik van die opwinding.

Hoekom KarooRus?

Met soveel voete in die dorp is dit soms moeilik om lekker bekostigbare verblyf op te spoor. KarooRus is ’n 3-ster-gastehuis in die hart van hierdie pragtige dorp. ’n Hele verskeidenheid restourante en winkels is ’n minuut of twee se ry van ons gastehuis af, en gemaklike stapafstand. KarooRus se sewe selfsorgeenhede is basies aparte woonstelle en het elk ’n private ingang. Ons verblyf is toegerus met topgehalte beddegoed en elk het lugversorging, ’n en-suite badkamer, toegeruste kombuis en DStv.

Die gastehuis verskaf ook gratis Wi-Fi. Hier kan gaste al die moderne geriewe geniet met ons lekker gemaklike verblyf. By KarooRus is ons troeteldier- en kindervriendelik. Ons verskaf bababedjies en -baddens vir die jongstes in die gesin. Parkering is veilig met oorgenoeg spasie vir sleepwaentjies en woonwaens. Ons Granaatbos-eenheid is rolstoel-vriendelik. Braaigeriewe is beskikbaar en ons voorsien die hout, vuurhoutjies en vuuraanstekers.

Vir meer inligting, kontak ons span of en gun jouself ‘n luukse verposing met ons gemaklike verblyf in die hartjie van die Karoo.

CONTACT US
close slider

    Fields marked with an * are required