Graaff-Reinet – Die Betowerende Juweel van die Karoo
Die lewe is ’n onvergeetlike reis en dan is daar plekkies wat jy op die pad teëkom wat jou hart steel. Dit is daardie plekkies wat ver verwyder is van die hoofroetes wat gemaak is om jou so vinnig moontlik van punt A tot B te kry. Graaff-Reinet is een van daardie skatte en jy sal eers besef dat jy dit vir ewig in jou geheue se skatkamer moet berg wanneer jy die dorpie besoek het.
Een dag is ongelukkig nie naastenby voldoende om die wonderbaarlikheid van hierdie Karoodorpie ten volle te ervaar nie. Dit is hoekom jy goedkoop Graaff-Reinet-verblyf benodig – en watter beter plek as KarooRus kan daar wees? Dit is by KarooRus waar jy nie sal nodig hê om ’n banklening aan te gaan om vir die verblyf te betaal nie. Jy sal nietemin besonder beïndruk wees met die stylvolle selfsorgeenhede wat, alhoewel baie bekostigbaar, geensins aan grasie en gerief tekortskiet nie. Nou dat jy weet waar om goedkoop Graaff-Reinet-verblyf te kry, kom ons kyk na wat is vir jou in die dorp en omliggende gebied te wagte.
Kamdeboo Nasionale Park (Camdeboo)
Ja, die Groot Vyf is altyd besonders maar het jy al ’n rukkie in die buitengewoon pragtige natuurlike omgewing van die Karoo deurgebring waar die rotsformasies so uniek is dat dit selfs ervare toergidse stomslaan? Het jy al die Kaapse bergsebra van naby gesien? Talle soorte diere noem die Kamdeboo hulle tuiste en die park het geen tekort aan voëls nie. Dan is daar ook die Nqwebadam waar jy kan afkoel en die Vallei van Verlatenheid (Valley of Desolation) wat gereken kan word as een van die natuurtonele wat beslis in jou hart ’n besonderse plekkie sal vind.
Kuns in Nieu-Bethesda
Hierdie klein buurdorpie is naby Graaff-Reinet geleë en bekend vir die Uilhuis. Met stofpaaie en ’n klein bevolking lyk dit soos ’n dorp wat jy iewers al in ’n kunsfilm moes gesien het. Die Uilhuis is in Martinstraat en jy sal dit sommer maklik vind. Helen Martins se eiesoortige werke is daar te sien, maar jy kan sommer die tydjie ook gebruik om by die dorp se brouery ’n draai te gaan maak, by die boekwinkel in te loer vir leesstof, die Fossielsentrum te besoek en ietsie by die Melting Pot te eet.
Historiese Skatte
Mooi geboue en nog pragtiger geboue van onskatbare historiese waarde is waaruit Graaff-Reinet bestaan. Vergeet van modernisme. In die dorp is byna elke straat histories. Die belangrikste twee strate vir historiese wandelings is Parsonage en Stretch Court. Die Reinet-huis is aan die eindpunt van Parsonage en jy sal ook John Rupert se klein teater in die straat vind. Die Rupert-huis is nog een van die historiese plekke om te besoek en dan is daar die Militêre Museum en talle ander wat jy sal ontdek op jou reis deur Graaff-Reinet.
Van die grootste kaktusversameling tot ’n druiweprieel wat van die 1870’s al staan is ook te siene. Inderwaarheid is daar soveel te sien en doen, dat dit beter sal wees om liefs ’n hele naweek of week se verblyf by KarooRus te bespreek om jou genoeg tyd te gee om by alles uit te kom.