Waar om Heerlike te Eet en Luuks te Bly in Graaff-Reinet
KarooRus bied topgehalte selfsorg en Graaff-Reinet-verblyf – bespreek nou jou akkommodasie vir die komende feesseisoen om teleurstelling te voorkom. Ons goeie ligging maak dit vir jou moontlik om baie van die gesogte restaurante, kunsgallerye, museums en ander besienswaardighede te besoek te voet, sonder om eers in jou motor te klim.
Terwyl jy natuurlik van ons luukse maar beskostigbatre Graaff-Reinet-verblyf gebruik maak sal jy ook na omliggende areas wil reis soos die Kamdeboo Nasionale Park met sy unieke rotsformasies en rotstekeninge. As jy egter wil weet waar om uit te eet en sosiaal te verkeer tydens jou Graaff-Reinet-verblyf kan jy gerus sommige van die plekke hieronder besoek.
Koeksisters, melktert, gemmerbier en beskuit is so eie aan die Karoo soos die rotstekeninge en jy sal na hartelus kan smul aan sulke lekkernye terwyl jy hier vakansie hou. Skaapkerrie en wildsvleis is van die ander disse wat jy moet proe. Karookos smaak vorentoe.
Dis net in die Karoo waar jy beesvleis, springbok en volstruis op dieselfde bord kan vind. Baie restaurante bied hierdie maaltyd aan en jy kan nie teruggaan huis toe sonder om die unieke kombinasie te proe nie. Karoolam is uiters gesog weens die besonderse smaak. Die lamsvleis hier smaak anders as in die res van die land weens die bossies waaraan die skape wei. Die tradisionele aartappels, patats en bone saam met skaapvleis maak ‘n besoek aan ten minste een of twee van die restaurante ‘n noodsaaklikheid. Min plekke in Suid-Afrika bied sulke smaaklike tradisionele nageregte soos malvapoeding aan en dus is dit nog ‘n lekkerny wat jy op jou lysie moet sit.
Hoewel wyn nie in die Graaff-Reinet-omgewing verbou word nie, beteken dit nie dat jy nie van die beste Suid-Afrikaanse wyne sal kan geniet nie. As jy egter die oudste wynwingerdstok in die land wil sien, maak ‘n draai by die Reinet Huis waar die stok sedert 1870 sy man staan teen die wind en die weer.
Graaff-Reinet het geen tekort aan deli’s, koffiewinkels, restaurante en straatkafees nie. Jy kan selfs ‘n brouery in die buurdorp Nieu-Bethesda besoek vir tuisgemaakte brousels, kaas en wildsalami. Daar is ook plekkies in die omgewing waar jy kan piekniek hou – ‘n groot verskeidenheid is dus op die spyskaart vir die kosliefhebber.
Enkele van die eetplekke om te besoek tydens jou Graaff-Reinet-verblyf sluit in die De Camdeboo Restaurant vir ‘n gourmet-ervaring, die Coldstream Restaurant wat bekendstaan vir hul wildsvleis, die Karoo Sjiek Koffiewinkel met hul kindervriendelike omgewing en die Pioneer Restaurant wat ook ‘n kroeg het. Hierdie eetplek is gewild weens die tradisionele Karoodisse en hartlike atmosfeer.
As jy egte Karoodisse wil geniet, maak ‘n draai by die Polka Restaurant, Deli & Koffiewinkel. Die restaurant se spyskaart is spesifiek opgestel om tradisionele geregte bekend te stel. Dit sluit geregte in van wildsvleis en bobotie tot skaapbredie. Jy kan ook tuisgemaakte konfyt en verwante lekkernye by die bakkery en deli koop. Vir ‘n ligte middagete of smullekker ontbyt loer in by die The Blue Magnolia Coffee Shop wat in ‘n kwekery geleë is.
Noudat jy weet waar om te eet, maak seker jy het bekostigbare luukse verblyf in Graaff-Reinet. Bespreek nou jou akkommodasie by KarooRus.