Twaalf Redes om Lekker Graaff-Reinet-Verblyf te Bespreek

Hieronder is 12 redes waarom jy nodig het om lekker Graaff-Reinet-verblyf te bespreek eerder as om net ’n dag in die pragtige Groot-Karoo-dorpie deur te bring.

  1. Te Veel om te Doen

Daar is net te veel plekke om te besoek, dinge om te doen en besienswaardighede om te sien vir een dag in Graaff-Reinet. As jy lekker verblyf het soos beskikbaar by KarooRus, sal jy sentraal geleë wees en dus meer plekke te voet kan besoek sonder om ver te moet gaan.

  1. Historiese Besienswaardighede

Graaff-Reinet is een van die oudste dorpe in die land en met meer as 220 historiese besienswaardighede en geboue is dit bykans onmoontlik om alles in een dag te kan besoek.

  1. Baie Restaurante

As jy lekker Karoo-skaapkerrie wil eet is Graaff-Reinet die dorp om te besoek. Dan is daar ook nog die tradisionele koeksisters, ystervarkies, konfyttertjies, bobotie en heelwat boerekosse om te geniet. Lekker eet is sinoniem met die dorpie se talle klein eetplekkies.

  1. Pragtige Natuurskoon

Met die dorp omring deur die baie bekende Kamdeboo Nasionale Park is jy in ’n paradys gevul met wildlewe en wonderskone natuur. Die Park het verskeie wandelroetes, om nie van die Vallei van Verlatenheid (Valley of Desolation) te vergeet nie. Daar sal jy besonderse rotsformasies teëkom en kan sommer in die skadu van ’n oorhangende rots piekniek hou.

  1. Nqwebadam

Water is skaars in die Groot Karoo en des te meer rede om die reuse dam in die middel van die semi-woestyn ten volle te benut. Dit is ’n watersport-avontuurparadys en die regte plek om bietjie te gaan afkoel.

  1. Nieu-Bethesda Uilhuis

Sommer binne kort ryafstand van Graaff-Reinet is die Uilhuis wat in Nieu-Bethesda geleë is. Die beeldhou- en glaswerk wat in die tuin in binne die huis uitgestal is word dikwels in vooraanstaande reistydskrifte bespreek.

  1. Grootste Versameling van Kaktusse

Die dorpie is ook bekend vir die kwekery met die grootste versameling van kaktusse in die Suidelike Halfrond.

  1. Spookstories en Legendes

Soos alle ou dorpe in die Karoo het Graaff-Reinet nie ’n tekort aan sogenaamde spookstories en legendes nie. Gaan sit by een of twee dorpsmense en gesels bietjie oor al die die stories. Daar is genoeg om jou ’n hele dag besig te hou.

  1. Foto-skatkis

As jy ’n kranige fotograaf is, sal die natuurskoon, historiese geboue en kunstigheid van die dorp jou genoegsame rede bied om dae lank hier te vertoef. Dus is dit ’n goeie idee om liefs ’n paar dae van lekker verblyf te bespreek en so genoeg tyd te laat om foto’s te kan neem.

  1. Kunsskatkis

Is jy ’n kunsliefhebber? Besoek die museums en kunsgalerye in Graaff-Reinet waar jy van die bekendste en onbekendste kunstenaars van die land se werke kan beskou.

  1. Teater-Teater

Wat is ons kultuur sonder verhoogvertonings? Met baie goeie produksies op die planke, bied die plaaslike teater jou iets uit die boonste rakke.

  1. Smaaklike Keurwyne

Dis nie net die wynlande rondom Kaapstad wat oorsese besoekers beïndruk nie. Van die beste versnitwyne kan ook in Graaff-Reinet geproe en gekoop word.

Bespreek nou lekker selfsorg en bekostigbare verblyf by ons in Graaff-Reinet en kom geniet ’n vakansie wat enig van sy soort is in hierdie juweel van ’n dorpie.

CONTACT US
close slider

    Fields marked with an * are required